beroerte [boodskap #137839] |
Fri, 03 September 2021 06:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beroerte
Afbreking: be•roer•te
Selfstandige naamwoord: beroerte
Meervoud: beroertes
Verkleinwoord: beroertetjie
Meervoud van verkleining: beroertetjies
Betekenis:
• Skielike verlies van breinfunksie a.g.v. bloeding of 'n tekort aan bloedsomloop in die brein.
Gebruik:
• 'n Beroerte is 'n mediese noodgeval wat permanente neurologiese skade, of selfs die dood, kan veroorsaak.
Sinoniem:
• apopleksie
• breinbloeding
• harsingbloeding
• serebrovaskulêre aandoening
Afgelei:
• beroerteaanval
• beroertepasiënt
Vertaling:
Engels: stroke, fit, seizure
Nederlands: beroerte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|