geestesoog [boodskap #137837] |
Thu, 02 September 2021 12:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geestesoog
Afbreking: gees•tes•oog
Selfstandige naamwoord: geestesoog
Meervoud: –
Betekenis:
• Die beelde wat 'n mens in sy gedagtes oor iets vorm.
Gebruik:
• Ek sien in my geestesoog hoe die Voortrekkers kaalvoet oor die Drakensberge gerek het.
Sinoniem:
• gedagtewêreld
• verbeelding
Vertaling:
Engels: mind's eye, imagination
Nederlands: geestesoog
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|