plettervat [boodskap #137821] |
Wed, 01 September 2021 15:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
plettervat
Afbreking: plet•ter•vat
Samestelling: pletter + vat
Selfstandige naamwoord: plettervat
Meervoud: plettervatte
Betekenis:
• 'n Harde duikslag wat iemand in sy spore stuit.
• (figuurlik) 'n Groot terugslag.
Gebruik:
• Die grypdief is met 'n plettervat katswink geduik. Die rugbyspeler is ná 'n hospitaal-aangee met 'n plettervat platgetrek.
• Ons vertrou dat die staatskapers 'n plettervat in die hof sal kry.
Sinoniem:
• laagvat
Vertaling:
Engels: crash tackle
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|