vaag [boodskap #137820] |
Wed, 01 September 2021 13:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vaag
Afbreking: vaag
Byvoeglike naamwoord: vaag
Vergrotende trap: vaer
Oortreffende trap: vaagste
Attributief: vae, vage
Partitief: vaags
Betekenis:
• Wat nie duidelik is nie, of nie skerp omlyn is nie.
Gebruik:
• Die hofbevel was vaag en het nie uitgespel wat aan die saak gedoen moet word nie.
Sinoniem:
• dof
• dofweg
• dynserig
• dynsig
• gedemp
• gesluier
• newelagtig
• onduidelik
• onhelder
• onomlyn
• troebel
• waserig
• wasig
Antoniem:
• duidelik
Afgelei:
• vaagheid
• vaagweg
• vervaag
Vertaling:
Engels: vague, hazy, faint
Nederlands: vaag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|