vrymoedig [boodskap #137808] |
Tue, 31 August 2021 09:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vrymoedig
Afbreking: vry•moe•dig
Samestelling: vry + moedig
Byvoeglike naamwoord: vrymoedig
Vergrotende trap: vrymoediger
Oortreffende trap: vrymoedigste
Attributief: vrymoedige
Partitief: vrymoedigs
Betekenis:
• Uit vrye wil en sonder om te huiwer of skaam te voel.
Gebruik:
• Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie. [Levitikus 19:17]
Sinoniem:
• gulhartig
• onbeskroomd
• onbevange
• onbevrees
• ongedwonge
• openhartig
• openlik
• padlangs
• reguit
• rondborstig
• spontaan
Afgelei:
• vrymoedigheid
• vrymoediglik
Vertaling:
Engels: frank, bold, uninhibited, unbashful
Nederlands: vrijmoedig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|