kweek [boodskap #137805] |
Tue, 31 August 2021 08:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kweek
Afbreking: kweek
Werkwoord: kweek
Verlede tyd: het gekweek
Betekenis:
• Om plante (of kulture) te laat groei en te versorg; verbou.
• (figuurlik) Om iets te laat ontstaan of te versorg; koester; vertroetel; aanwakker; aanblaas.
Gebruik:
• Die gebied is bekend vir sy skaapboerdery en die kweek van groente en vrugte.
• Geweld kweek geweld en kan vir geslagte lank oorgedra word.
Afgelei:
• aankweek
• kweekbedding
• kweekhuis
• kweekplaas
• kweeksel
• kweekskool
Verwant:
• kweker
• kwekery
• kweking
Vertaling:
Engels: to grow, cultivate; foster
Nederlands: kweken
Selfstandige naamwoord: kweek
Meervoud: kweke
Betekenis:
• 'n Taai, kruipende soort gras, Elymus repens.
Gebruik:
• Die kinders hou piekniek op die kweek.
Spreekwoord:
• Hy gaan van die kweek af. [Hy gaan dood.]
Sinoniem:
• kweekgras
Vertaling:
Engels: couch grass, quick grass
Nederlands: kweek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|