moraal [boodskap #137804] |
Tue, 31 August 2021 07:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
moraal
Afbreking: mo•raal
Selfstandige naamwoord: moraal
Meervoud: –
Betekenis:
• Sedelike beginsels; waardes en norme; idees oor wat goed en sleg is.
• Die les in 'n fabel.
Gebruik:
• Mense wat so lieg het geen moraal nie!
• Die moraal van die storie oor die skilpad en die haas is dat 'n mens met toewyding by die wenpaal sal uitkom.
Sinoniem:
• etiek
• sedeles
• sedekunde
• waardeleer
Afgelei:
• moraalfilosofie
• moraalteologie
• moraliteit
Vertaling:
Engels: moral
Nederlands: moraal
Nota:
• Pasop om nie "moraal" met "moreel" (geesdrif en motivering) te verwar nie.
• Die byvoeglike naamwoord van "moraal" is "moreel". Die HAT Taal-en-feitegids bevat 'n goeie verduideliking.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|