moreel [boodskap #137801] |
Mon, 30 August 2021 18:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
moreel
Afbreking: mo•reel
Selfstandige naamwoord: moreel
Meervoud: –
Betekenis:
• Die heersende motivering en geesdrif waaroor 'n persoon of 'n groep beskik.
Gebruik:
• Die troepe se moreel is laag.
Sinoniem:
• geesdrif
• geestesgesteldheid
• geesteskrag
• gesindheid
• moedigheid
• motivering
• spangees
• strydlus
• werkkrag
Vertaling:
Engels: morale, motivation
Nederlands: moreel
Byvoeglike naamwoord: moreel
Attributief: morele
Partitief: moreels
Betekenis:
• Wat die moreel (geestelike motivering) betref.
• Wat die moraal (sedes en norme) betref.
Gebruik:
• Die kunstenaars het 'n konsert vir die soldate gereël om vir hulle 'n morele hupstoot te gee.
• Monnike en nonne leef volgens 'n streng morele kode.
Antoniem:
• amoreel
• immoreel
Vertaling:
Engels: moral, mirally
Nederlands: moreel
Nota:
• Pasop om nie "moreel" met "moraal" (waardes en norme) te verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|