Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » flankeer
flankeer [boodskap #137799] Mon, 30 August 2021 16:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
flankeer
Afbreking: flan•keer


Werkwoord: flankeer
Verlede tyd: het geflankeer

Betekenis:
• Om speels met iemand van die teenoorgestelde geslag om te gaan.
• Om verby die sykant (flank) te beweeg, of figuurlik, om saam dinge doen en tyd te spandeer.

Gebruik:
• Die flerrie flankeer met al wat 'n broek dra.
• Terwyl sy klasmaats op die rugbyveld geflankeer het, het hy in die biblioteek gewerk.

Sinoniem:
• flerrie
• flikflooi
• flirt
• koketteer
• opsit
• vlerksleep
• vry
• ravot
• rinkink
• rondjakker
• rondrits
• rondslenter

Afgelei:
• flankeerdery
• flankering

Vertaling:
Engels: to flirt; to flank
Nederlands: flirten; flankeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: organies
Volgende onderwerp: harpy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 21:56:46 UTC 2025