Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » organies
organies [boodskap #137798] Mon, 30 August 2021 15:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
organies
Afbreking: or•ga•nies


Byvoeglike naamwoord: organies
Attributief: organiese

Betekenis:
• Wat met natuurlike metodes en sonder chemikalieë verbou is.
• (biologie) Wat van lewende organismes (plante en diere) afkomstig is.
• (skeikunde) Wat koolstof bevat en geneig is om kettings of ringe vorm.

Gebruik:
• Sy koop net groente wat organies gekweek is.
• Biogas ontstaan tydens die biologiese ontbinding van organiese materiaal.
• Benseen is 'n organiese verbinding met die chemiese formule C6H6.

Sinoniem:
• natuurlik

Antoniem:
• anorganies

Afkorting:
• org.

Vertaling:
Engels: organic
Nederlands: organisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: metaan
Volgende onderwerp: flankeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 21:55:32 UTC 2025