ouderwets [boodskap #137791] |
Sun, 29 August 2021 18:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ouderwets
Afbreking: ou•der•wets
Byvoeglike naamwoord: ouderwets
Vergrotende trap: ouderwetser
Oortreffende trap: ouderwetsste
Attributief: ouderwetse
Betekenis:
• Wat verouderd en reeds uit die mode is; uit die oude doos.
Gebruik:
• Skoolklere kan soms effens konserwatief en ouderwets wees.
Sinoniem:
• antiek
• oud
• oudmodies
• outyds
• verouderd
Antoniem:
• byderwets
• modern
• nuwerwets
Afgelei:
• ouderwetsheid
Vertaling:
Engels: old-fashioned, antique, ancient, out-of-date
Nederlands: ouderwets
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|