Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sektor
sektor [boodskap #137785] Sun, 29 August 2021 08:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Sektor van 'n sirkel.
'n Sektor van 'n sirkel.
sektor
Afbreking: sek•tor


Selfstandige naamwoord: sektor
Meervoud: sektore, sektors
Verkleinwoord: sektortjie
Meervoud van verkleining: sektortjies

Betekenis:
• 'n Bepaalde afdeling of indeling van iets.
• (wiskunde) Deel van 'n sirkel, begrens deur 2 strale en 'n boog.
• (militêr) Gevegsgebied waarin 'n eenheid ontplooi is.
• (rekenaars) Kleinste indeling van 'n hardeskyf wat met een bewerking gelees of geskryf word.

Gebruik:
• Werk jy in die private sektor of die openbare sektor?
• In 'n sirkelgrafiek verteenwoordig elke sektor 'n persentasie van die geheel.
• Berlyn was gedurende die Koue Oorlog in sektore ingedeel.
• 'n Hardeskyf word in sektore van 512 grepe of veelvoude daarvan ingedeel.

Sinoniem:
• afdeling
• deel
• distrik
• gebied
• gedeelte
• groepering
• onderverdeling
• segment
• sone
• stratum
• terrein
• wyk

Afgelei:
• landbousektor
• sakesektor
• sektoraal
• sektorindeling

Afkorting:
• sek.

Vertaling:
Engels: sector
Nederlands: sector

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gety
Volgende onderwerp: sirkelgrafiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 21:41:20 UTC 2025