Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gety
gety [boodskap #137784] Sun, 29 August 2021 07:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Boot tydens die laaggety.
'n Boot tydens die laaggety.
gety
Afbreking: ge•ty


Selfstandige naamwoord: gety
Meervoud: getye
Verkleinwoord: getytjie
Meervoud van verkleining: getytjies

Betekenis:
• Gereelde styging en daling van die seevlak m.b.t. die stand van die maan.
• Tydperk binne 'n groter geheel as deel van die natuurlike verloop van dinge (jaargety, feesgety, ens.)

Gebruik:
• Die afnemende gety ná hoogwater word "eb" genoem en die toenemende gety ná laagwater is bekend as "vloed".
• Mag die Kersgety vir jou vreugde en vrede bring.

Spreekwoord:
• As die gety verloop, word die bakens versit. ['n Mens moet by jou omstandighede aanpas.]

Sinoniem:
• ty

Hiponiem:
• eb
• vloed

Afgelei:
• dooiegety (eintlik dooie gety).
• feesgety
• getyboek
• getygolf
• getyhawe
• getyhoogte
• getykentering
• getylyn
• getymerk
• getyperiode
• getystroming
• getyverskil
• getywerking
• hoogty
• hooggety
• laaggety
• jaargety
• rooigety
• sakgety
• seegety
• springgety
• vloedgety

Vertaling:
Engels: tide
Nederlands: getij, getijde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koeëlrond
Volgende onderwerp: sektor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 22:01:10 UTC 2025