Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vererg
vererg [boodskap #137779] Sat, 28 August 2021 12:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vererg
Afbreking: ver•erg
Samestelling: ver- + erg


Werkwoord: vererg
Verlede tyd: het vererg

Betekenis:
• Om kwaad te word; aanstoot gee of neem.

Gebruik:
• Ek het my bloedig vir hom vererg.

Sinoniem:
• opruk
• vervies
• wip

Vertaling:
Engels: to annoy, irritate, vex
Nederlands: ergeren


Byvoeglike naamwoord: vererg
Attributief: verergde
Intensief: doodvererg

Betekenis:
• Wat kwaad is of aanstoot geneem het.

Gebruik:
• Die verergde man het opgestaan en uitgeloop.

Sinoniem:
• geïrriteerd
• ontevrede
• ontstem
• vertoornd

Afgelei:
• verergdheid

Vertaling:
Engels: annoyed
Nederlands: geërgerd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: enduit
Volgende onderwerp: snyding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 21:44:24 UTC 2025