Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » selfbewus
selfbewus [boodskap #137768] Fri, 27 August 2021 18:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
selfbewus
Afbreking: self•be•wus
Samestelling: self + bewus


Byvoeglike naamwoord: selfbewus
Vergrotende trap: selfbewuster
Oortreffende trap: selfbewusste
Attributief: selfbewuste

Betekenis:
• Oorbewus van jouself en jou tekortkominge. Ongemaklik in sosiale konteks.

Gebruik:
• Sy skewe tande het hom ietwat selfbewus gemaak.

Sinoniem:
• bedees
• beskeie
• skaam
• sku
• skugter
• teruggetrokke
• verleë

Antoniem:
• selfingenome
• selfversekerd
• selfvoldaan

Afgelei:
• selfbewustheid

Vertaling:
Engels: self-conscious, self-aware
Nederlands: bedeesd, verlegen

Nota:
• "Zelfbewust" in Nederlands is 'n valse vriend met die teenoorgestelde betekenis as in Afrikaans.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tombe
Volgende onderwerp: strykkwartet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 23:02:47 UTC 2025