aanspreeklik [boodskap #137761] |
Thu, 26 August 2021 19:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanspreeklik
Afbreking: aan•spreek•lik
Byvoeglike naamwoord: aanspreeklik
Vergrotende trap: aanspreekliker
Oortreffende trap: aanspreeklikste
Attributief: aanspreeklike
Betekenis:
• Wat vir iets verantwoordelik is en die gevolge daarvan moet dra.
Gebruik:
• Dit is hoogtyd dat iemand vir die gemors aanspreeklik gehou word!
Sinoniem:
• aandadig
• verantwoordelik
• toerekenbaar
• vervolgbaar
Afgelei:
• aanspreeklikheid
Vertaling:
Engels: accountable, responsible, liable
Nederlands: aansprakelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|