Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skeet
skeet [boodskap #137760] Thu, 26 August 2021 18:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
skeet
Afbreking: skeet


Selfstandige naamwoord: skeet
Meervoud: skete
Verkleinwoord: skeetjie
Meervoud van verkleining: skeetjies

Betekenis:
• 'n Denkbeeldige pyn of kwaal, dikwels nie juis ernstig nie (soos 'n wind wat vassit).

Gebruik:
• Deesdae is daar vir elke skeet 'n pilletjie of twee.

Spreekwoord:
• Van 'n skeet 'n kanonskoot/donderslag maak. [Iets erg oordryf.]

Sinoniem:
• aandoening
• ipekonders
• klagte
• kwaal
• verbeelsiekte
• windjie

Vertaling:
Engels: imaginary ailment, fart
Nederlands: scheet, windje

Nota:
• In die spreekwoord verwys "skeet" letterlik na 'n gasontlading uit die derm.
• Moenie "skeet" met "skeut" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: miniatuur
Volgende onderwerp: aanspreeklik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 22:58:51 UTC 2025