veeartsenykunde [boodskap #137758] |
Thu, 26 August 2021 17:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veeartsenykunde
Afbreking: vee•art•se•ny•kun•de
Samestelling: vee + artseny + -kunde
Selfstandige naamwoord: veeartsenykunde
Meervoud: –
Betekenis:
• Die bestudering van metodes en middels om diere gesond te dokter en gesond te hou.
Gebruik:
• Hy studeer veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria.
Sinoniem:
• dieregeneeskunde
• soöterapie
• veekunde
Afgelei:
• veeartsenykundig
Afkorting:
• veearts.
Vertaling:
Engels: veterinary science, veterinary medicine
Nederlands: veeartsenijkunde
Nota:
• "Artseny" is 'n ou woord vir 'n geneesmiddel.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|