snel [boodskap #137754] |
Thu, 26 August 2021 08:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
snel
Afbreking: snel
Byvoeglike naamwoord: snel
Vergrotende trap: sneller
Oortreffende trap: snelste
Attributief: snelle
Intensief: blitssnel, pylsnel
Betekenis:
• In 'n kort tyd.
• Teen 'n hoë snelheid.
Gebruik:
• Ons moet snel opgetree om die geleentheid ten volle te benut.
• Wees versigtig, bere is sneller as mense!
Spreekwoord:
• Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel. [Leuens kom altyd uit.]
Sinoniem:
• blitsvinnig
• gou
• haastig
• spoedig
• vinnig
• vlugtig
Antoniem:
• langsaam
• stadig
• traag
Afgelei:
• snelbouler
• snelheid
• snellopend
• snelsêer
• snelskrif
• snelstrik
• sneltrein
• snelvoetig
• snelweg
• snelwerkend
Vertaling:
Engels: fast, quick, swift, nimble, rapid, prompt
Nederlands: snel
Werkwoord: snel
Verlede tyd: het gesnel
Betekenis:
• Om vinnig voort te beweeg.
Gebruik:
• Die trein snel by ons verby.
Vertaling:
Engels: to hurry, hasten, rush
Nederlands: snellen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|