Re: Totsiens, Suid Afrika [boodskap #15250] |
Thu, 28 May 1998 00:00 |
SizweBanzi
Boodskappe: 44 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> Waar bring jou hond sy kwarantiene deur? In Nederland of Engeland? 6 maande?
'n Argaise engelse wet wat nie tred hou met tegnologiese vooruitgang nie, wat
dit moontlik maak om na twee weke (vandaar die duitse kwarantyn-periode) enige
dolheid of rabies in 'n hond te diagnoseer. Ek het my hond saamgebring VSA
toe, en het hom van die vliegtuig afgelaai - geen kwarantyn, gegee dat sy
innokulasiedokumentasie op datum was.
|
|
|
Re: Totsiens, Suid Afrika [boodskap #15251 is 'n antwoord op boodskap #15250] |
Thu, 28 May 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
gide...@usa.net writes: > Wel, dit is tyd om te groet.
>
> Ek wil om verskoning vra vir Gloudien omdat ek nognie daardie lirieke klaar
> gepubliseer het hier nie - iets te make met kopiereg het die plateouens my
> die swye laat oplê. Maar dit sal seker net so twee weke wees dan is alles
> goed - 'ksal laat weet.
Nou, dis 'n belofte Gideon. En kom op
die nuusgroep so gou as moontlik.Vertel
ons dan van dinge wat jy ervaar. Dit sal
ons almal interesseer. Vir my definitief.
Ek voel altyd effens jammer vir iemand
wat uit die Boland emigreer. Hulle verlaat
een van die mooiste dele van die wereld.
Gloudina
|
|
|
Re: Totsiens, Suid Afrika [boodskap #15252 is 'n antwoord op boodskap #15250] |
Thu, 28 May 1998 00:00 |
Jennifer L. Logan
Boodskappe: 27 Geregistreer: May 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
> Ek voel altyd effens jammer vir iemand
> wat uit die Boland emigreer. Hulle verlaat
> een van die mooiste dele van die wereld.
>
Hoekom gaan jy nie terug nie. Ek's seker Mandela en kornuite sal vir jou die
gou loper uitrol.
Jennifer
--
Crockitech@kincyb.comP - Remove the CP if you don't want your mail daemon to
Choke & Puke.
|
|
|