verskrik [boodskap #137747] |
Wed, 25 August 2021 15:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verskrik
Afbreking: ver•skrik
Samestelling: ver- + skrik
Werkwoord: verskrik
Verlede tyd: het verskrik
Betekenis:
• Om iemand bang en senuweeagtig te maak; skrik op die lyf jaag.
Gebruik:
• Die boer bou 'n voëlverskrikker om die voëls te verskrik.
Sinoniem:
• bangmaak
• skok
• skrikmaak
• terroriseer
Vertaling:
Engels: to scare, frighten, startle, terrify
Nederlands: verschrikken
Byvoeglike naamwoord: verskrik
Attributief: verskrikte
Intensief: doodverskrik
Betekenis:
• Wat in 'n toestand van skrik verkeer.
Gebruik:
• Sy kyk verskrik rond.
Sinoniem:
• geskok
• ontsteld
• onthuts
• ontsenu
• paniekbevange
Vertaling:
Engels: frightened, startled, terrified
Nederlands: verschrikt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|