aanskoulik [boodskap #137744] |
Wed, 25 August 2021 12:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanskoulik
Afbreking: aan•skou•lik
Samestelling: aanskou + -lik
Byvoeglike naamwoord: aanskoulik
Vergrotende trap: aanskouliker
Oortreffende trap: aanskoulikste
Attributief: aanskoulike
Partitief: aanskouliks
Betekenis:
• Wat mooi is om na te kyk.
• Helder en duidelik in die geestesoog asof 'n mens self na iets kyk.
Gebruik:
• Die tweede helfte van die wedstryd was aanskoulik.
• Die ooggetuie het die gebeurtenis aanskoulik beskryf.
Sinoniem:
• aanvallig
• besienswaardig
• bevallig
• bekoorlik
• fraai
• grafies
• helder
• lieflik
• mooi
• pragtig
• visueel
Afgelei:
• aanskoulikheid
Vertaling:
Engels: vivid, visible, graphic; appealing
Nederlands: levendig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|