hersien [boodskap #137743] |
Wed, 25 August 2021 12:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hersien
Afbreking: her•sien
Samestelling: her- + sien
Werkwoord: hersien
Verlede tyd: het hersien
Betekenis:
• Om inhoud weer in die geheue op te roep.
• Om weer na iets te kyk om korrektheid te bepaal of verbeteringe aan te bring.
Gebruik:
• Dit help om al die studiemateriaal voor die eksamen te hersien.
• Die verouderde wette moet dringend hersien word.
Sinoniem:
• aanpas
• bywerk
• bestudeer
• herkyk
• herskryf
• kontroleer
• korrigeer
• nagaan
• nasien
• oorgaan
• opdateer
• regmaak
• repeteer
• verbeter
• wysig
Afgelei:
• hersienbaar
• hersiene
• hersiener
• hersiening
Afkorting:
• hers.
Vertaling:
Engels: to review; to revise, overhaul
Nederlands: herzien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|