hartedief [boodskap #137736] |
Tue, 24 August 2021 15:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hartedief
Afbreking: har•te•dief
Samestelling: hart + -e- + dief
Selfstandige naamwoord: hartedief
Meervoud: hartediewe
Verkleinwoord: hartediefie
Meervoud van verkleining: hartediefies
Betekenis:
• Troetelnaam vir iemand wat jy baie lief het (wat jou hart gesteel het).
Gebruik:
• Vir jou is ek baie lief, jy is my hartedief.
Sinoniem:
• hartlam
• liefling
• skatlam
• skattebol
Vertaling:
Engels: darling, love
Nederlands: hartendief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|