slap [boodskap #137735] |
Tue, 24 August 2021 14:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
slap
Afbreking: slap
Byvoeglike naamwoord: slap
Vergrotende trap: slapper
Oortreffende trap: slapste
Attributief: slap
Partitief: slaps
Intensief: papslap
Betekenis:
• Waarvan stewigheid en styfheid ontbreek.
• (figuurlik) Sonder wilskrag en deursettingsvermoë.
Gebruik:
• Die pap is te slap.
• Die slap vent sal ooit 'n werk kry nie.
Spreekwoord:
• Hy laat sy arms slap hang. [Word moedeloos.]
• Sy het haarself slap gelag. [Uitbundig gelag.]
• Hy is met 'n slap riem gevang. [Iemand sonder moeite in jou mag kry.]
Sinoniem:
• buigsaam
• futloos
• lamlendig
• los
• neerhangend
• pap
• sag
• swak
• tam
Antoniem:
• styf
Afgelei:
• slapheid
• slappeling
• slapperig
• slapte
• verslap
Vertaling:
Engels: slack, limp, soft, weak,
Nederlands: slap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|