Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » neerhalend
neerhalend [boodskap #137733] Tue, 24 August 2021 11:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
neerhalend
Afbreking: neer•ha•lend


Byvoeglike naamwoord: neerhalend
Vergrotende trap: neerhalender
Oortreffende trap: neerhalendste
Attributief: neerhalende
Partitief: neerhalends

Betekenis:
• Wat beledig, verkleineer en nie die nodige respek toon nie.

Gebruik:
• Om neerhalend van ander te praat, getuig van dwaasheid. [Spreuke 11:12]

Sinoniem:
• afbrekend
• afhalerig
• beledigend
• eerskendend
• lasterlik
• minagtend
• paternalisties
• seksisties
• verkleinerend
• vernederend

Antoniem:
• ophemelend

Vertaling:
Engels: demeaning
Nederlands: neerhalend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van neerhaal.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skeepsmas
Volgende onderwerp: rilling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 23:13:20 UTC 2025