prettig [boodskap #137727] |
Mon, 23 August 2021 18:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
prettig
Afbreking: pret•tig
Samestelling: pret + -tig
Byvoeglike naamwoord: prettig
Vergrotende trap: prettiger
Oortreffende trap: prettigste
Attributief: prettige
Partitief: prettigs
Intensief: dolprettig
Betekenis:
• Vol pret en plesier.
Gebruik:
• Die partytjie was nie besonder prettig nie!
• Die boodskap word op 'n prettige manier aan die kinders oorgedra.
Sinoniem:
• aangenaam
• jolig
• lekker
• plesierig
• pretlustig
• vermaaklik
Vertaling:
Engels: merry, jolly, enjoyable
Nederlands: prettig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|