orent [boodskap #137726] |
Mon, 23 August 2021 17:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
orent
Afbreking: o•rent
Byvoeglike naamwoord: orent
Intensief: penorent
Betekenis:
• Wat regop staan.
Gebruik:
• Hy kom orent en swaai sy bene oor die kant van die bed.
Spreekwoord:
• Sy hare staan orent. [Hy is baie bang; het groot geskrik.]
Sinoniem:
• loodreg
• ongeboë
• regop
• vertikaal
Vertaling:
Engels: upright, erect
Nederlands: rechtop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|