laspos [boodskap #137720] |
Mon, 23 August 2021 11:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
laspos
Afbreking: las•pos
Samestelling: las + pos
Selfstandige naamwoord: laspos
Meervoud: lasposte
Verkleinwoord: laspossie
Meervoud van verkleining: laspossies
Betekenis:
• Iemand wat lastig is en 'n mens gedurig pla.
Gebruik:
• Die laspos val my gedurig lastig as ek moet werk.
Sinoniem:
• ergernis
• lolpot
• kwelgees
• neklêer
• neulkous
• oorlas
• pes
• plaer
• saniker
• terggees
• versondiger
Vertaling:
Engels: annoying person, nuisance, pest
Nederlands: lastpost
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|