filmmaker [boodskap #137719] |
Mon, 23 August 2021 10:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
filmmaker
Afbreking: film•ma•ker
Samestelling: film + maker
Selfstandige naamwoord: filmmaker
Meervoud: filmmakers
Verkleinwoord: filmmakertjie
Meervoud van verkleining: filmmakertjies
Betekenis:
• Iemand wat films maak, die artistieke leier wat verantwoordelik is vir die produksieproses.
Gebruik:
• Jamie Uys was 'n filmmaker van formaat wat talle Afrikaanse rolprente gemaak het.
Sinoniem:
• filmregisseur
• rolprentmaker
Vertaling:
Engels: moviemaker, film director
Nederlands: filmmaker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|