smaad [boodskap #137714] |
Sun, 22 August 2021 19:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
smaad
Afbreking: smaad
Selfstandige naamwoord: smaad
Meervoud: –
Betekenis:
• Die opsetlike skending van iemand se eer en goeie naam.
Gebruik:
• As dit nog my vyand was wat my smaad aangedoen het, sou ek dit kon verdra. [Psalms 55:13]
Sinoniem:
• belaster
• belediging
• lastering
• minagting
• skande
• veragting
Afgelei:
• smadelik
• smaadrede
• smaadskrif
• smaadtaal
• smaadwoorde
Vertaling:
Engels: vilification, slandering
Nederlands: smaad
Werkwoord: smaad
Verlede tyd: het gesmaad
Betekenis:
• Om te beledig en te laster.
Gebruik:
• En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud. [Matteus 27:39]
Sinoniem:
• affronteer
• beledig
• hoon
• laster
• minag
• spot
• uitlag
• verwyt
Vertaling:
Engels: to vilify, defame
Nederlands: smaden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|