Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kurwe
kurwe [boodskap #137706] Sun, 22 August 2021 07:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kuwe.
'n Kuwe.
kurwe
Afbreking: kur•we


Selfstandige naamwoord: kurwe
Meervoud: kurwes
Verkleinwoord: kurwetjie
Meervoud van verkleining: kurwetjies

Betekenis:
• 'n Krom lyn (van 'n grafiek).
• 'n Ronding of welwing (van 'n voorwerp soos die liggaam).

Gebruik:
• Die grafiek van 'n kwadraties funksie is 'n kurwe wat 'n parabool genoem word.
• Sy bewonder haar kurwes in die spieël.

Sinoniem:
• kromme
• kromming
• ronding
• trajek
• welwing

Afgelei:
• kurwerig

Vertaling:
Engels: curve, graph
Nederlands: curve

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opsmuk
Volgende onderwerp: koalisie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 23:03:23 UTC 2025