kleinniggie [boodskap #137703] |
Sat, 21 August 2021 10:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kleinniggie
Afbreking: klein•nig•gie
Samestelling: klein + niggie
Selfstandige naamwoord: kleinniggie
Meervoud: kleinniggies
Verkleinwoord: kleinniggietjie
Meervoud van verkleining: kleinniggietjies
Betekenis:
• Die dogter van jou neef of niggie, of die dogter van een van jou ouers se neefs of niggies.
Gebruik:
• Sannie is 'n kleinniggie want my oupa en haar oupa is broers.
Sinoniem:
• agterniggie
• kleinnig
Antoniem:
• kleinneef
Afgelei:
• agterkleinniggie
Vertaling:
Engels: grandniece
Nederlands: achternicht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|