hoorbaar [boodskap #137699] |
Sat, 21 August 2021 09:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoorbaar
Afbreking: hoor•baar
Samestelling: hoor + -baar
Byvoeglike naamwoord: hoorbaar
Vergrotende trap: hoorbaarder
Oortreffende trap: hoorbaarste
Attributief: hoorbare
Partitief: hoorbaars
Betekenis:
• Wat gehoor kan word.
Gebruik:
• Die omvang van klank wat vir die menslike oor hoorbaar is val ongeveer tussen 20 Hz en 20 kHz.
Antoniem:
• onhoorbaar
Afgelei:
• hoorbaarheid
Vertaling:
Engels: audible, hearable
Nederlands: hoorbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|