lasteraar [boodskap #137692] |
Fri, 20 August 2021 15:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lasteraar
Afbreking: las•te•raar
Samestelling: laster + -aar
Selfstandige naamwoord: lasteraar
Meervoud: lasteraars
Verkleinwoord: lasteraartjie
Meervoud van verkleining: lasteraartjies
Betekenis:
• Iemand wat laster (op 'n leuenagtige manier van ander kwaadpraat).
Gebruik:
• Die lasteraar se mond moet dringend gesnoer word!
Sinoniem:
• eerskender
• kwaadprater
• kwaadspreker
• skinderaar
• skinderbek
• skindertong
Hiponiem:
• godslasteraar
Vertaling:
Engels: slanderer, defamer
Nederlands: lasteraar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|