impliseer [boodskap #137691] |
Fri, 20 August 2021 14:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
impliseer
Afbreking: im•pli•seer
Werkwoord: impliseer
Verlede tyd: het geïmpliseer
Betekenis:
• Iets te kenne gee sonder om dit reguit te sê; daarop sinspeel; insinueer; suggereer.
• Om iets as 'n bybetekenis aan te dui.
• Iemand van iets beskuldig; inkrimineer.
Gebruik:
• Impliseer jy daarmee dat ek vet is?
• Risiko's impliseer immers ook geleenthede!
• Die polisie het almal wat in die saak geïmpliseer word in hegtenis geneem.
Sinoniem:
• insinueer
• suggereer
Afgelei:
• implikasie
• implisiet
Vertaling:
Engels: to imply; implicate
Nederlands: impliceren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|