Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ommesientjie
ommesientjie [boodskap #137688] Fri, 20 August 2021 10:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
ommesientjie
Afbreking: om•me•sien•tjie


Selfstandige naamwoord: ommesien
Meervoud:
Verkleinwoord: ommesientjie
Meervoud van verkleining:

Betekenis:
• 'n Baie kort tyd.

Gebruik:
• Die hele oes is in 'n ommesientjie deur hael verwoes.

Spreekwoord:
• Hy het in 'n ommesientjie verdwyn. [In 'n oomblik, baie gou.]

Wisselvorm:
• omsientjie

Sinoniem:
• japtrap
• kits
• oogwink
• oomblik

Vertaling:
Engels: blink of an eye, jiffy, flash
Nederlands: ommezientje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: asindeton
Volgende onderwerp: haarkleed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 23:39:03 UTC 2025