hidrologie [boodskap #137672] |
Thu, 19 August 2021 14:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hidrologie
Afbreking: hi•dro•lo•gie
Selfstandige naamwoord: hidrologie
Meervoud: –
Betekenis:
• Die bestudering van water wat in die atmosfeer sweef, bogronds vloei, en dié wat in die aardkors vasgevang is.
Gebruik:
• Hidrologie bemoei hom met die water wat langs verskillende weë en teen verskillende tempo's deur die Aarde sirkuleer.
Sinoniem:
• waterkunde
• waterleer
Afgelei:
• grondwaterhidrologie
• oppervlakhidrologie
Verwant:
• hidrologies
• hidroloog
Afkorting:
• hidrol.
Vertaling:
Engels: hydrology
Nederlands: hydrologie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|