bloeddorstig [boodskap #137656] |
Wed, 18 August 2021 17:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bloeddorstig
Afbreking: bloed•dor•stig
Samestelling: bloed + dors + -tig
Byvoeglike naamwoord: bloeddorstig
Vergrotende trap: bloeddorstiger
Oortreffende trap: bloeddorstigste
Attributief: bloeddorstige
Partitief: bloeddorstigs
Betekenis:
• Gewelddadig en gretig om bloed te vergiet.
Gebruik:
• Hoekom is die plaasaanvalle so besonder wreed en bloeddorstig?
Sinoniem:
• bloedlustig
• genadeloos
• gewelddadig
• moorddadig
• moordgierig
• wreed
Antoniem:
• bloedloos
Afgelei:
• bloeddorstigheid
Vertaling:
Engels: bloodthirsty
Nederlands: bloeddorstig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|