rugstring [boodskap #137646] |
Wed, 18 August 2021 12:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rugstring
Afbreking: rug•string
Samestelling: rug + string
Selfstandige naamwoord: rugstring
Meervoud: rugstringe
Verkleinwoord: rugstringetjie
Meervoud van verkleining: rugstringetjies
Betekenis:
• Die string werwels wat in die middel van die rug af loop.
• Die lendestuk langs die ruggraat.
Gebruik:
• 'n Mens se rugstring het 'n dubbele S-vorm met 33 werwels.
• Die slagter verwerk die rugstring.
Sinoniem:
• ruggraat
• werwelkolom
Afgelei:
• rugstringbiltong
• rugstringkarmenaadjie
Vertaling:
Engels: spine, vertebral column; loin
Nederlands: rugstring
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|