broos [boodskap #137642] |
Wed, 18 August 2021 08:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
broos
Afbreking: broos
Byvoeglike naamwoord: broos
Vergrotende trap: broser
Oortreffende trap: broosste
Attributief: brose
Betekenis:
• Wat nie stewig is nie en maklik kan breek.
• (figuurlik) Wat swak en weerloos is; fyngevoelig of maklik kan seerkry.
Gebruik:
• Wees versigtig, die koppies is besonder broos. Die een se oor het al klaar afgebreek.
• Hoe broos is die mens! Hoe kort is sy lewe! Hoe vol moeite! [Job 14:1]
Sinoniem:
• breekbaar
• bros
• delikaat
• gevoelig
• kortstondig
• kwesbaar
• sterflik
• swak
• tenger
• tengerig
• tingerig
• verganklik
• week
• weerloos
Afgelei:
• broosheid
Vertaling:
Engels: brittle, crisp, fragile; frail, perishable, vulnerable, weak
Nederlands: broos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|