rugmurg [boodskap #137637] |
Tue, 17 August 2021 19:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rugmurg
Afbreking: rug•murg
Samestelling: rug + murg
Selfstandige naamwoord: rugmurg
Meervoud: –
Betekenis:
• Die silindriese murg (senuweefsel) in die werwelkanaal van die ruggraat.
Gebruik:
• Die brein en rugmurg vorm die sentrale senuweestelsel.
Afgelei:
• rugmurgkanaal
• rugmurgontsteking
• rugmurgtering
Vertaling:
Engels: spinal cord, spinal marrow
Latyn: medulla spinalis
Nederlands: ruggenmerg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|