grootpraterig [boodskap #137623] |
Tue, 17 August 2021 08:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grootpraterig
Afbreking: groot•pra•te•rig
Samestelling: grootpra(a)t + -erig
Byvoeglike naamwoord: grootpraterig
Attributief: grootpraterige
Betekenis:
• Wat graag oordryf en grootpraat (jou eie beuel blaas).
Gebruik:
• Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig. [1 Korintiërs 13:4]
Sinoniem:
• arrogant
• egoïsties
• opskepperig
• spoggerig
• windgat
• windmakerig
Verwant:
• grootprater
• grootpratery
Vertaling:
Engels: boastful, thrasonical
Nederlands: grootsprakerig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|