vermoede [boodskap #137621] |
Tue, 17 August 2021 08:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vermoede
Afbreking: ver•moe•de
Selfstandige naamwoord: vermoede
Meervoud: vermoedes, vermoedens
Verkleinwoord: vermoedetjie
Meervoud van verkleining: vermoedetjies
Betekenis:
• 'n Voorgevoel oor iets; dit wat vermoed word.
Gebruik:
• Die onderwyser kan 'n maatskaplike werker kontak as daar 'n vermoede bestaan dat die leerder se welsyn bedreig word.
Sinoniem:
• agterdog
• argwaan
• deduksie
• gedagte
• gissing
• mening
• skatting
• spekulasie
• spesmaas
• suspisie
• verdenking
• veronderstelling
• verwagting
• voorgevoel
• waarskynlikheid
• wantroue
Afgelei:
• vermoedelik
Vertaling:
Engels: assumption, supposition, conjecture, suspicion, presumption, guess
Nederlands: vermoede
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|