meem [boodskap #137613] |
Mon, 16 August 2021 14:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
meem
Afbreking: meem
Selfstandige naamwoord: meem (meme)
Meervoud: meme (memes)
Verkleinwoord: meempie
Meervoud van verkleining: meempies
Betekenis:
• Idee of denkbeeld wat as 'n kulturele eenheid tussen individu oorgedra word.
• (internet) 'n Video, beeld of spreuk wat opvallend is en wyd op sosiale media gedeel word.
Gebruik:
• 'n Meem is 'n draer van inligting en kan as die analoog van die biologiese geen beskou word.
• Party ouens kom met die beste meme vorendag!
Wisselvorm:
• meme
Afgelei:
• internetmeem
• meemteorie
Verwant:
• memetika
Vertaling:
Engels: meme
Nederlands: meme
Nota:
• Van Grieks "mimeme", "iets nageboots".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|