| windplaas [boodskap #137603] |
Ma., 16 Augustus 2021 10:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24217 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Windplaas.
windplaas
Afbreking: wind•plaas
Samestelling: wind + plaas
Selfstandige naamwoord: windplaas
Meervoud: windplase
Verkleinwoord: windplasie
Meervoud van verkleining: windplasies
Betekenis:
• 'n Versameling windturbines wat die wind se energie gebruik om elektrisiteit op te wek.
Gebruik:
• 'n Windplaas bestaan dikwels uit honderde turbines wat oor honderde vierkante kilometer kan strek.
Vertaling:
Engels: wind farm, wind park
Nederlands: windmolenpark, windpark
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|