Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ellendig
ellendig [boodskap #137594] Sun, 15 August 2021 11:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
ellendig
Afbreking: el•len•dig


Byvoeglike naamwoord: ellendig
Vergrotende trap: ellendiger
Oortreffende trap: ellendigste
Attributief: ellendige
Partitief: ellendigs
Intensief: doodellendig

Betekenis:
• Wat in ellende verkeer; waarmee dit sleg en beroerd gaan; minder goed as gemiddeld.

Gebruik:
• Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm! [Psalm 69:30]

Sinoniem:
• armsalig
• beklaaglik
• beklaenswaardig
• beroerd
• droefgeestig
• droewig
• godverlate
• jammerlik
• haglik
• lamlendig
• lydend
• mislik
• miserabel
• mismoedig
• ongelukkig
• noodlottig
• rampsalig
• reddeloos
• sleg
• triestig
• verslae
• wanhopig

Afgelei:
• ellendigheid

Vertaling:
Engels: wretched, miserable, dismal, hapless
Nederlands: ellendig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: komieklik
Volgende onderwerp: genees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 00:52:13 UTC 2025