harpoen [boodskap #137581] |
Sat, 14 August 2021 18:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
harpoen
Afbreking: har•poen
Selfstandige naamwoord: harpoen
Meervoud: harpoene
Verkleinwoord: harpoentjie
Meervoud van verkleining: harpoentjies
Betekenis:
• 'n Werpspies met weerhake aan 'n tou waarmee walvisse en ander diere gejag word.
Gebruik:
• Omdat walvisse so groot is en so stadig swem kan hulle maklik met 'n harpoen deurboor word.
Afgelei:
• handharpoen
• harpoenboot
• harpoeneer
• harpoenier
• harpoenkanon
• harpoenpunt
• harpoenpyl
• harpoenskut
• harpoentou
Vertaling:
Engels: harpoon
Nederlands: harpoen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|