ekstreem [boodskap #137579] |
Sat, 14 August 2021 12:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ekstreem
Afbreking: ek•streem
Byvoeglike naamwoord: ekstreem
Vergrotende trap: ekstremer
Oortreffende trap: ekstreemste
Attributief: ekstreme
Partitief: ekstreems
Betekenis:
• Wat te ver gevat is; in die hoogste graad; buite die norm.
Gebruik:
• Die seisoene op Pluto is ekstreem in vergelyking met die van die Aarde.
Sinoniem:
• drasties
• intens
• oordrewe
• oormatig
• uiterste
• uitsonderlik
Antoniem:
• besadig
• matig
Afgelei:
• ekstreemlinks
• ekstreemregs
Verwant:
• ekstremis
• ekstremisties
• ekstremofiel
Vertaling:
Engels: extreme, excessive
Nederlands: extreem
Selfstandige naamwoord: ekstreem
Meervoud: ekstreme
Betekenis:
• Die verste uiterste.
Gebruik:
• Hulle wipplank van die een ekstreem na die ander sonder om ooit ewewig te vind.
Vertaling:
Engels: extreme, excessive
Nederlands: extreem
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|