Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » branderplankry
branderplankry [boodskap #137573] Sat, 14 August 2021 07:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Persoon wat branderplankry.
'n Persoon wat branderplankry.
branderplankry
Afbreking: bran•der•plank•ry
Samestelling: branderplank + ry


Selfstandige naamwoord: branderplankry
Meervoud:

Betekenis:
• Watersport waar 'n branderplank deur die golwe gedryf word.

Gebruik:
Branderplankry is 'n lekker aktiwiteit.

Sinoniem:
• branderry

Afgelei:
• branderplankryer
• branderplankryery

Vertaling:
Engels: surfing
Nederlands: golfsurfen


Werkwoord: ry branderplank, branderplankry
Verlede tyd: het branderplankgery

Betekenis:
• Om op 'n branderplank te ry.

Gebruik:
• Ons het lekker branderplankgery en die rotspoele was vol wonderlike dierelewe.

Vertaling:
Engels: to surf
Nederlands: surfen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sessie
Volgende onderwerp: opwinding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 00:42:05 UTC 2025